Dr Van Helsdingen,
Thank you for the wonderfully efficient care we received this morning.
Kind Regards
Stephen
Dr Van Helsdingen
Net 'n kort nota om my dank uit te spreek teenoor Dr Nico en sy span vir die uiters professionele diens gelewer tydens my afspraak op 12 September 2024, om 7h30.
Vir my persoonlik is dit 'n uiters stresvolle afspraak omskep in 'n baie positiewe ervaring waar ek net omgee ervaar het, wat my rustig gemaak het.
Baie baie dankie vir dokter en elke lid van u span. Ek sien uit om die pad saam met julle te stap.
Groete
Ida
Goeie môre Dr Cockburn, Ashlynne en Jesse
Dit is regtig 'n goeie môre! Alles na die nag is 100% met my oog, selfs geen branderigheid nie.
Ek voel baie goed. Baie dankie vir almal by die praktyk en hospitaal se vriendelikheid en professionele optrede. Dit was 'n wonderlike ervaring, soos 'n wonderwerk!!
Sit julle goeie werk voort!
Groete
Hermina van Zyl
Dr Van Helsdingen,
Ek wou nog 'n opvolg epos gestuur het om jul te bedank vir jul uitstaande pasient diens. Ek het niks om oor bekommerd te wees nie en al die dames se besorgdheid maak die proses heel verdraaglik.
Die volgende dag was my oog piekfyn.
Ek is dankbaar dat ek opgeëindig het in sulke bekwame hande.
Lekker dag verder
Vriendelike groete
Liz van Tonder
Dr Van Helsdingen,
Good morning, I did return to Germany and my flight went well with my eye.
I would like to thank Dr Van Helsdingen and staff for your perfect support and help.
Kind Regards
Ursula Paschke
Dr Van Helsdingen,
Graag bedank ek jou en jou span vir jul merkwaardige en professionele diens. Ons is met die intrapslag by Somerset Eye Centre, vriendelik ontvang en met respek en omgee, regdeur behandel. Dankie vir die deeglike werk en opregte belangstelling. Ek en my vrou sal Somerset Eye Centre hoogs aanbeveel!
Beste groete
Leonardo Esterhuizen
Hello Doc van Helsdingen
And to all the lovely ladies you have working in your rooms!
This is a special THANK YOU to you all!
Doc, you are the CHAMP! My eyes are a little scratchy today, as you said they might be. I am back at work and just as much a pain to all the contractors on site, as I ever was, so that's a great plus for me and one of these days I will be seeing well enough to call them out individually rather than giving the whole group stick!
Thank you ALL for the care and patience you showed me and surprise, surprise, I cannot wait fo my next appointment with you all!
Dr Van Helsdingen
So baie dankie. Groot waardering vir die moeite namens ons! Daar is net sekere oomblikke in die lewe waar 'n mens duidelik weet, daar is nog altyd spesiale mense...waarvan die Van Helsdingen praktyk 'n wonderlike getuigskrif is. Mooi loop aan daardie kant.
Groete van hier.
Marietjie de Villiers
Dr. Nico van Helsdingen
Beste Dokter,
Ek weet jy is bekend vir jou uitstaande werk en goeie pasientesorg. So, jy mag dink dit is nie nodig vir my om dit te herhaal nie,maar..
Ek is tog, soos elke mens, `n enkeling, een wat alleen verlede jaar die bekommernis moes dra dar die ergste met my kon gebeur. Mens spaar jou kinders die ellende.
Dokter het my nooit in die steek gelaat nie. Ek het nooit gevoel dat my geval nie die moeita werd is nie. (Glo my, wanneer mens eendag my ouderdom bereik, sal daar ook die negatiewe ervarings wees wat nie moes gebeur het nie.)
Dankie vir die uitstaande professionele sorg, die vriendelike en bekwame personeel en die ambiance in `n spreekkamer wat vertoue inboesem.
Ek haal John 'O' Donohoue aan:
"The human body is an amazing masterpiece. With the sernses we see, hear , taste, smell and touch the world, drawing mystery inside us. With the mind we probe the eternal structures of things. With the face we present ourselves to the world and recognise each other. But it is the heart which makes us human."
`n Baie dankbare paient.
Hiermee my opregte dank aan u vir die vriendelike en professionele diens - pre, gedurende en post die oogprosedure wat ek onlangs ondergaan het.
U staan aan die hoof van ’n uiters knap, vriendelike en professionele span, beide in u praktyk en by die daghospitaal waar ek die prosedure ondergaan het.
Ek het vooraf deeglike inligting ingewin oor oftalmoloog praktyke in die Somerset Wes/Strand omgewing, en u praktyk is telkens aan my genoem as toonaangewend. My ervaring het dit bevestig.
Nogmaals baie dankie - ek sal sonder enige voorbehoud u praktyk aanbeveel.
Dra asseblief ook my dank en waardering aan u span oor.
Vriendelike groete en beste wense,
- Tobie de Coning
Dr Nico
Ek wil net baie baie dankie sê vir die operasie wat dr gedoen het, wat so groot sukses was.
Dankie ook vir die belangstelling en die persoonlike professionele diens.
Ek moes ’n maand vir my bril wag. Maar nou sien ek baie goed en speel weer tennis ook. Net jammer, nou sien te veel plooie wat ek nie voorheen gesien het nie.
Nogmaals baie dankie dr Nico.
Groete
Beste Doktor Nico en span
Net om baie dankie te se vir die vriendelikheid wat ek ontvang het. Ek kan steeds nie glo dat my sig so merkwaardig verbeter het nie.
Nogmaals dankie
I have only had excellent treatment from you all!
What a beautiful place!
I like the situation of the Somerset Eye Clinic - the Paardevlei area is so peaceful and there is never a problem with parking!
I've been wearing glasses for over 15 years and it is brilliant to be glasses-free after my LASIK procedure! It was much less scary than I was anticipating and well worth the money.
Initially I was worried about the change of location from the somerset west practice to the new facility. My husband is wheelchair bound, suffering from macular degeneration and it makes traveling difficult. I am glad to say that my concern was groundless. After finding the new centre we were shown to his rooms and all the old friendly faces were still there. The parking was close to the door and the new place looks lovely. I've been promising the ladies behind the desk a chocolate cake since our last visit a few months ago. Baked it this morning - I hope they enjoy it!